Krieketgeskiedenis op pad

Krieketgeskiedenis sal môre gemaak word wanneer Namibië se Richelieu Eagles die Toetsnasie Zimbabwe vir die heel eerste keer op plaaslike bodem gaan aanpak. Die Castle Lite-reeks beloof ‘n opwindende T20-toernooi tussen die Eagles en die Chevrons, Zimbabwe se nasionale mansspan. Vyf kragmetings gaan elke dag vanaf môre tot Maandag by Wanderers en United gespeel word. Kosmos 94.1 Nuus het met Krieket Namibië se hoof uitvoerende beampte, Johan Muller, gepraat.