Zambië leer oor siviele registrasie

’n Afvaardiging van die Zambië Nasionale Registrasie-owerheid is op ’n vyfdaagse studietoer in Windhoek om meer te wete te kom oor Namibië se siviele registrasie, noodsaaklike statistiekstelsel en identiteitsbestuur. Die besoek volg op ‘n resolusie wat in April tydens die Zambië-Namibië Gesamentlike Permanente Kommissie oor Verdediging en Sekuriteit geneem is. Die afvaardiging sal verskillende plekke besoek, onder meer Katutura Staatshospitaal, om meer te wete te kom oor die geboorte- en doodregistrasieproses by die siviele registrasiekantoor, die Windhoek Staatslykshuis en The Document Warehouse.