Daar word nie genoeg gedoen om politieke moorde te stuit nie

Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Owerheidsvereniging betreur die regering se gebrekkige optrede om politieke moorde te beëindig. Ondersoeke deur die tussen-ministeriële komitee wat politieke moorde in KwaZulu-Natal ondersoek, het verlede maand bekend gemaak die moorde raak die ANC, IVP en die National Freedom Party die ergste. ‘n Dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, Zakhele […]

Read More

Abbas veroordeel Hamas

Die president van die Palestynse Owerheid, Mahmoud Abbas, het verklaar die optrede en beleid van die Islamitiese groep Hamas verteenwoordig nie dié van die Palestynse mense nie. Hy het ‘n beroep vir vrede in die streek gedoen en voeg by Israeliese aggressie moet ook stop. Abbas het die opmerkings gemaak tydens ‘n telefoniese gesprek met […]

Read More

SA-toergids en Kosmos-aanhanger loof Namibië en Namibiërs

‘n Video het by Kosmos 94.1 op WhatsApp aangekom van ‘n Suid-Afrikaanse man wat Namibië loof. Die man het die video gemaak na sy 4×4-toer van die land afgesluit het. Kosmos 94.1 het op sy Facebook-blad die video gedeel en aanhangers gevra om hom te identifiseer. George van Deventer van Trans Africa Self Drive Adventures […]

Read More

Savanna se sukses dui uitdagings in landbousektor aan

In ‘n merkwaardige demonstrasie van gemeenskapsondersteuning en landbousukses, het Savanna Beef Processors die tweede plek in die kategorie “Biggest Deal Capital Raising” behaal tydens die gesogte Top Namibian Company Awards 2023-geleentheid wat deur The Brief gereël word. Die toekenning onderstreep die beduidende bydrae van meer as 700 beesboere wat hulle agter die maatskappy geskaar het […]

Read More

Global Fund sê ministerie wanbestuur Pepfar-miljoene

Die Global Fund het Namibië se gesondheidsowerhede daarvan beskuldig dat hy Pepfar-toelae wanbestuur. Die fonds is die grootste donateur aan die Amerikaanse Pefpar-program wat in 18 jaar, tot 2030, 28 miljard Namibiese dollar op MIV-bestryding in Namibië sal bestee het. Die Tender Bulletin berig dat die fonds sê 7,5 miljard Namibiese dollar, wat sedert 2014 […]

Read More

Slenter oor NamWater-rekening kom per epos

NamWater is die jongste slagoffer van slenters per epos. Die epos, wat aandui dat die aangehegde rekening vandag betaalbaar is, kom uiters realisties voor met ‘n handtekening, alhoewel dit nie heeltemal voltooi is nie. Die epos-adres lyk ook eg en vertoon nes NamWater s’n. Die aanhegsel wek kommer. Daar is ‘n skakel met ‘n dokument […]

Read More

Uitdagings met tekorte aan sportfasilteite weer die naweek beklemtoon

Die Debmarine Premierliga-kragmeting wat die naweek tussen African Stars en Eeshoke Chula Chula plaasgevind het en wat by die Hage Geingob-stadion aangebied is, het weereens die dringende behoefte vir die Namibiese regering om meer aggressief in plaaslike sport te belê, beklemtoon. Die Namibiese minister van sport, Agnes Tjongarero, het die indrukwekkende opkoms by die wedstryd […]

Read More

So gemaak met elektriese voertuie in Namibië

Die handelsminister Lucia Iipumbu het aangekondig dat Suid-Afrika en Namibië samewerking in die voertuigindustrie sal versterk. Dit kom na die Bi-Nasionale Kommissie van Suid-Afrika en Namibië wat in die hoofstad vergader het. Intussen is die industrie in Suid-Afrika deur die adjunkpresident Paul Mashatile gewaarsku om voor te berei vir die omskakeling na elektriese voertuie. Plaaslik vat die neiging stadig pos, veral […]

Read More

IMF skep donker beeld vir Afrikaa-ekonomieë

Die Internasionale Monetêre Fonds het beleidmakers in Afrika suid van die Sahara aangemoedig om duur brandstofsubsidies te verminder en meer belasting in te samel, maatreëls wat moeilik kan wees om te implementeer. Die streek is sedert 2020 deur herhaalde ekonomiese skokke getref, van die pandemie tot Rusland se inval in die Oekraïne, en stygende Amerikaanse rentekoerse. Die IMF […]

Read More

Kleiner skenkers gee groot vir Trump

Kleiner donateurs het op Donald Trump se groeiende regsprobleme gereageer deur geld in sy presidensiële veldtog te stort. Meer as 2 miljoen Amerikaanse dollar het binne ‘n dag na die vrystelling van sy polisiefoto op 24 Augustus ingestroom. Die syfers is deur die Federale Verkiesingskommissie bekend gemaak. Dit was die grootste bedrag wat die veldtog vanjaar in twee dae aangemeld het, ‘n […]

Read More