Malema weer in die sop

Die organisasie, Judges Matter, bestempel die onlangse uitsprake van die EFF-leier, Julius Malema, oor die landdros van Oos-Londen, Twanet Olivier, as ‘n aanval op die regbank. Malema het Olivier van korrupsie en onbevoegdheid beskuldig, veral in haar hantering van sy saak oor die onwettige afvuur van ‘n vuurwapen. Die waghond oor die regbank beskou dit as ‘n bedreiging vir geregtelike onafhanklikheid en ‘n moontlike skending van die Grondwet. Hulle voer aan Malema se opmerkings is nie gestaaf nie en kan regterlike beamptes ontmoedig om teen invloedryke persoonlikhede te beslis. Die organisasie doen ‘n beroep op die EFF-leier om sy opmerkings terug te trek en om verskoning te vra.