Nuwe gebiede vir meter-opdaterings

Die Stad Windhoek kondig aan die elektrisiteit-voorafbetaalde meter opdateringspan sal vanaf vandag tot 17 November in Dorado Park en Hochland Park werksaam wees. Kliënte wat ongebruikte krediettekens voor die meter-opdatering gekoop het, word aangeraai om dit te herlaai omdat die meter dit na die opdatering nie meer sal aanvaar nie. Die span sal van Maandag tot Vrydag vanaf 8-uur die oggend tot 7-uur saans werk, en naweke vanaf 8-uur tot half-vyf die middag.