Israel peper honderde Gaza-teikens

Israel het honderde teikens in Gaza uit die lug gemoker terwyl sy soldate ook teen Hamas-militante veg tydens strooptogte in die beleërde Palestynse enklawe, waar sterftes die hoogte inskiet en burgerlikes in haglike toestande vasgevang is. Gaza se ministerie van gesondheid sê 436 mense is die afgelope 24 uur in bombardemente dood, die meeste van hulle in die suide. Die Israeliese weermag sê dat dit meer as 320 teikens in Gaza oor 24 uur getref het, insluitend ‘n tonnel wat Hamas-vegters, dosyne bevel- en uitkykposte, en mortier- en tenkmissiel-lanseerderposisies huisves.