Vakleerlinge takel Namibia Wildlife oorde

Toeriste in Namibië kla gereeld oor die toestand van fasiliteite by Namibia Wildlife Vakansieoorde, die diens daar en die toegangspaaie, veral in die Etosha Nasionale Park. Die oorde se bestuur verwelkom nou ‘n span van 100 vakleerlinge van die Inter-kulturele Verhoudinge Stigting in Duitsland, wat sy span sal help met instandhouding asook vaardigheidsoordrag. Die vakleerlinge sal by vele oorde dwarsoor die land ontplooi word. Die organisasie se woordvoerder, Nelson Ashipala, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hoekom hierdie samewerking belangrik is.