Goeie reën word oor grootste deel van die land verwag

Die grootste deel van die land sal na verwagting normale tot bo-normale reënval kry vanaf vandeesmaand tot Februarie volgende jaar, volgens die jongste seisoenale reënval vooruitsigte. Die meteorologiese diens van Namibië sê egter dat normale tot ondernormale reënval oor die verre suidelike dele verwag word. Die klimaatwetenskaplikes neem oseaniese en atmosferiese faktore wat die klimaat oor die streek beïnvloed in ag. Dit sluit in die El Niño-Suidelike Ossillasie, wat tans in ‘n El Nino-fase is en na verwagting gedurende die voorspellingsperiode so sal bly.