Voormalige Air Namibia werkers gaan uitbetaal word

Meer as 600 voormalige werknemers van Air Namibia wat al meer as drie jaar wag vir hul pensioenfondsgeld, gaan nou betaal word. Die Namibiese toesighoudende owerheid oor finansiële instellings het Vrydag die nasionale lugdiens se likwidateurs opdrag gegee om die betalings te doen. Kosmos 94.1 Nuus het met Renier Bougaard, die woordvoerder van die voormalige werknemers, gesels wat sê daar’s nog ‘n pad om te loop voordat hulle hul geld sal kry, en vir baie is dit te laat.