Honderde sterf in aardbewings in Afghanistan

Kragtige aardbewings in Afghanistan het volgens die jongste inligting 500 mense gedood, volgens Erfanullah Sharafzoi, woordvoerder van die Red Crescent. Die veelvuldige aardbewings het gister 35 kilometer noordwes van die stad Herat getref, met een wat 6,3 op die Richter-skaal gemeet het. Meer as 200 dooies is na verskillende hospitale gebring, het ‘n amptenaar van die Herat-gesondheidsdepartement wat homself as Dr. Danish geïdentifiseer het, aan Reuters gesê. “Die meeste van hulle is vroue en kinders, terwyl 510 beseer is. Hierdie getalle kan verander,” het hy bygevoeg. Lyke is “na verskeie plekke geneem – militêre basisse, hospitale,” het hy gesê, en daarom kan hulle nie die dodetal bevestig nie.