Nog ‘n soldaat sterf in veldbrand by Lohatla

Ses lede van die Suid-Afrikaanse Weermag-gevegsopleiding-sentrum by Lohatla in die Noord-Kaap, is dood in ‘n veldbrand wat ook minstens drie mense met tweedegraadse brandwonde gelaat het. Die brand woed sedert Woensdag in en om die dorp Daniëlskuil en verskeie eiendomme en lewendehawe is vernietig. Die hoofdirekteur van die Suid-Afrikaanse Weermag Korporatiewe Dienste, Rene Mercuur, sê ‘n aantal militêre voertuie is ook in die brand vernietig. Mercuur sê militêre helikopters is ontplooi om die brand te blus.