Wildlife Watch-loodsprogram help stropery beveg

Samsung het saamgespan met Africam en die Black Mamba-teenstropings-eenheid om sy Wildlife Watch-loodsprogram in die Balule Natuurreservaat by die Krugerwildtuin uit te brei. Die inisiatief wil pogings versterk in die stryd teen stropery. Die program maak gebruik van hiper-moderne Samsung-tegnologie, wat die Galaxy S21 Ultra- en die nuutste S23 Ultra-toestelle insluit. Dit stel ‘n regstreekse waarnemingstelsel daar wat 24-uur van die dag die natuurlewebedrywighede in die reservaat beeldsaai. Die tegnologie steun ook veldwagters se patrollies en verhoog die gehalte van die bewyse wat in stropery-ondersoeke gebruik word.