T20 Premierliga sorg vir aksie by Wanderers

Die WHS Old Boys het gister in Krieket Namibië se T20 Premierliga wat by Wanderers gespeel is die CCD Tigers met 58 lopies geklop. WHS Old Boys het 214 vir drie behaal in 20 boulbeurte, terwyl die Tigers 156 vir agt gekry het. Zane Green het uitgeblink vir WHS Old Boys deur 81 nie-uit-nie aan te teken, en JP Kotze het 46 lopies gehardloop. In die tweede westryd het Wanderers 1 met United 1 afgereken. Wanderers het 195 vir twee aangeteken en United 96 vir sewe, wat Wanderers met 99 lopies laat seëvier het. Niko Davin van Wanderers het 105 nie uit nie met die kolf behaal en JJ Smit 46.