Londense polisie vermeerder patrollies na Hamas se inval in Israel

Die Metropolitaanse polisie in Londen sê hulle het meer patrollies ingestel nadat hulle berigte ontvang het van mense wat die aanval op Israel deur Hamas vier. Scotland Yard sê in ‘n verklaring hy is bewus van ‘n aantal voorvalle, insluitend dié wat op sosiale media gedeel is, wat verband hou met die voortslepende konflik in Israel en by die grens met Gasa. Die polisiëringspatrollies in dele van Londen is daar “om ‘n sigbare teenwoordigheid en gerusstelling aan gemeenskappe te bied”. Die Yard voeg by hy is bewus daarvan dat die voortslepende konflik in die komende dae tot betogings kan lei, maar ’n toepaslike polisiëringplan is in plek “om die reg om te protesteer teen enige ontwrigting van Londenaars te balanseer.”