Dis Springbokke teen Frankryk in Wêreldbeker kwarteindstryd

Rugby: Suid-Afrika kom volgende Sondag te staan teen die wenners van groep A, Frankryk, in die kwarteindstryd van die Wêreldbeker nadat Ierland gisteraand gemaklik onder die laaste agt geëindig het met ‘n 36-14-oorwinning teen Skotland op Stade de France. Hugo Keenan het twee van Ierland se ses drieë gedruk. Ierland speel Saterdag, soos in die kwarteind van 2019, teen die drie-malige kampioene Nieu-Seeland. In ‘n vroeër wedstryd het Engeland ‘n agterstand ingehaal en Samoa met 18-17 in Lille geklop om bo-aan groep D te eindig.