Te min geld vir howe, dienslewering – Dausab

Die Namibiese Minister van Justisie Yvonne Dausab sê daar is nie genoeg geld om howe en ander fasiliteite op te knap en in stand te hou nie. Haar begroting vir die afdeling is 17,2 miljoen Namibiese doller. Sy het bygevoeg dat daar geen geld is om verdere personeel, wat broodnodig is, aan te stel nie en dat dit ‘n daadwerklike impak op dienslewering sal hê. Nie net is daar personeel nodig vir die hervorming van stelsels nie, die pandemie het ook erge vertragings veroorsaak in talle sake. Meer landdrosse is ook nodig veral met die verhouding van aanklaers tot landdrosse en ook omdat landdrosse meer as net sake aanhoor. Sy sê daar is net minder as 90 miljoen doller beskikbaar vir die operasionele bedrywighede van die regbank wat baie druk op stelsels sal plaas.