Alles in plek vir herdenking van Windhoek Deklarasie

Die 30ste herdenking van die Windhoek Deklarasie word op 3 Mei herdenk. Die deklarasie handel oor persvryheid en die belangrikheid van ‘n onafhanklike media in demokratiese stelsels. Wêreld Persvryheid-dag word ook op 3 Mei herdenk. Daar is verskeie geleenthede wat aangebied word vanaf Donderdag en die Minister van Inligting Peya Mushelenga sê alles is in plek.