Vertragings in handboeke is verskaffer se fout

Die Namibiese Minister van Onderwys Anna Nghipondoka sê die vertraging in die voorsiening van srkyfbehoeftes en handboeke is nie as gevolg van ‘n tekort aan fondse nie, maar dat verskaffers nog nie afgelewer het nie. Ouers is gevra om skole in die tussentyd by te staan. Nghipondoka sê talle van die skole wat sy reeds besoek het, het genoeg befondsing maar die verskaffers kan nie aflewer nie. Skole in die Kavango Wes-streek het volgens haar 20 000 boeke bestel en net 3 000 is afgelewer. Sy sê amper al die land se streke het dieselfde uitdaging. Die ministerie poog nou om die proses te bespoedig. ‘n Bedrag van 35 miljoen doller is begroot vir voorraad en handboeke.