Tucna ondersteun Swartbooi, Seibeb

Die Sekretaris-Generaal van die Vakbond Kongres van Namibië Mahongora Kavihuha, sê die gedrag van die leiers van die Grondlose Mense Beweging, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb is nodig om korrupsie bloot te lê. Swartbooi en Seibeb is tans gewikkel in ‘n hofgeding om weer toegang tot die Nasionale Vergadering te verkry. Mahongora sê die LPM se gedrag word verwelkom omdat hulle die stelsels toets om te verseker demokrasie werk en hulle voer radikale debat. In sy mening moet opposisie partye hulle stemme in die parlement laat hoor en hulle menings moet tel. Hulle verteenwoordig hulle kiesers en ondersteuners.