So lyk Covid-gevalle vandag

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het 70 nuwe gevalle van Covid-19 uit 622 toetsuitslae bevestig. Windhoek het 36 met Hardap op 14, Karas met 8, Otjozondjupa met 5 en 4 gevalle in Erongo. Daar is 6 onderwysers, 4 leerders en 6 gevangenes van Lüderitz in die groep. ‘n Totaal van 98 pasiënte het herstel en aktiewe gevalle is tans op 1 626. Daar is 157 pasiënte in die hospitaal met 44 in hoësorg en 6 persone het gesterf met 3 in Windhoek, 2 in Rehoboth en 1 in Mariental. Daar word verwag dat President Hage Geingob Vrydag die jongste maatreëls in verband met die pandemie sal aankondig.