Bewustheid van leiers krities in bekamping van geslagsgeweld

Viviane de Koe, ‘n raadslid van die Nasionale Jeugraad sê leiers moet bewus wees van geslagsvooroordele, problematiese denkwyses en skadelike norme wat bydra tot geslagsgeweld in die land. Sy het die 14de Nasionale Jeugdag en –week vandag van stapel gestuur. Leiers wat bewus is van die uitdagings sal gesprekke in die regte rigting dryf en op die manier help om geslagsgeweld te bekamp. De Koe sê die polisie het 5 000 gevalle van die tipe geweld tussen September 2019 en September 2020 bevestig en sy voeg by dat 80 persent van slagoffers van geslagsgeweld nie melding daarvan maak nie.