‘Ons staak tot ons kry wat ons toekom’

Die werknemers by die NBC is vasberade om aan te hou staak tot daar voldoen word aan hulle eise. Ihana Mbaha, ‘n werknemer by die korporasie en skakel tussen die betrokke vakband Napwu en die NBC se werknemers het ook aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle nie die huidige bestuur en raad vertrou nie.