Grond, ekonomie, landbou ens., moet onder die loep kom

Die Staatsrede oorheers vanoggend die nuustoneel in die land. President Hage Geingob sal vanmiddag sy 2021 Staatsrede in die Nasionale Vergadering lewer. Kenners meen dat Geingob ‘n duidelike strategie oor hoe die pandemie verder beheer sal word bekendstel. Kwessies soos grond, behuising en selfs landbou moet ook onder die loep kom. Sandie Tjaronda van die […]

Read More

Hage moet kalm bly

Die Grondlose Mense Beweging het President Hage Geingob gemaan om hom te gedra soos die leier wat hy is tydens sy Staatsrede vanmiddag. Dinge het ontaard verlede jaar en die Nasionale Vergadering is in chaos gedompel. Die leier van die party Bernadus Swartbooi het verlede jaar na die Staatsrede President Geingob daaraan herinner dat hy […]

Read More

Geen rede tot kommer oor SA voëlgriep nie

Die virus-besmetting wat talle voëls in die Oos-Kaap laat vrek het, is die Avian Paramyxo-virus en Newcastle-siekte. Die veeartsenykundige navorsingslaboratorium by Onderstepoort het toetse gedoen nadat baie voëls in verskeie dele van die provinsie onverklaarbaar gevrek het. Ian Collard, Uitvoerende Hoof van die NMI Groep het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor enige impak op […]

Read More

VSA onttrek uit Afghanistan

President Joe Biden het aangekondig die finale onttrekking van Amerikaanse troepe uit Afghanistan sal op die eerste van volgende maand begin. Hy sê die 2 500 Amerikaanse troepe plus ‘n verdere 7 000 van NAVO-bondgenote, waaronder 750 uit die Verenigde Koninkryk, sal Afghanistan verlaat vóór die twintigste herdenking van die terreuraanvalle op 11 September 2001. […]

Read More

Tsumeb kort N$18m vir paaie

Die Burgemeester van Tsumeb Mathews Hangula sê daar is 18 miljoen Namibiese doller nodig om die dorp se paaie te herstel. Na goeie reënval in die afgelope seisoen is daar verdere skade op ‘n reeds verouderde padnetwerk aangerig. Die dorp se ekonomiese voortuitgang en groei maak staat op ‘n ordentlike padnetwerk. Luidens nuusagentskappe, moet net […]

Read More

Seun wat dogtertjie klap vandag in die hof

Die video van die jong man wat ‘n klein kind rondklap het groot opslae gemaak op sosiale media. Luidens die jongste berigte sal die jong man, 17 jaar oud, vandag in die Outapi Landdroshof verskyn. Hy staar twee klagtes in die gesig, aanranding en oortreding van die Kinderbeskermings Wet. Die Omusati polisie Kommissaris Moses Simaho […]

Read More

Staatsrede: dit moet ordelik geskied

Verlede jaar het President Hage Geingob se Staatsrede in ‘n sirkus ontaard en op ‘n stadium het Geingob self ophou praat en gaan sit omdat lede van die Nasionale Vergadering hom herhaaldelik in die rede geval het. Die president sal vanmiddag om half-3 sy 2021 Staatsrede lewer en die Politieke Analis Dr Ndumba Kamwanyah meen […]

Read More

Meisie, 15, wat selfdoodslagoffer geboelie het, aangekeer

Die polisie in Limpopo sê hulle het ‘n 15-jarige leerder in hegtenis geneem nadat ‘n video wat wys hoe sy ‘n medeleerder gewelddadig aanval soos ‘n veldbrand versprei het. Die leerders van die Mbilwi Sekondêre Skool het skooluniforms aan in die voorval wat na bewering Maandag plaasgevind het. ‘n Woordvoerder van die polisie in die […]

Read More

GIPF stoot betalings op met 3%

Die Namibiese Regerings Instellings Pensioenfonds het ‘n verhoging van 3 persent vir al sy pensionarisse aangekondig. Die verhoging het reeds op 1 April in werking getree en volgens die fonds, word afgetredenes bygestaan in die moeilike ekonomiese tye. Die fonds pas jaarliks sy voordele aan om te verseker dat finansiële sekuriteit vir sy lede voorsien […]

Read More

Bernie Madoff sterf

Die meesterbrein agter die grootste piramide-skema in Amerika se geskiedenis, Bernie Madoff, is op 82-jarige ouderdom in die tronk oorlede. Hy het in 2009 skuldig gepleit nadat hy oor ‘n tydperk van vier dekades meer as 37 000 mense in 136 lande bedrieg het. Madoff was besig om 150 jaar tronkstraf uit te dien. Van […]

Read More