Grond, ekonomie, landbou ens., moet onder die loep kom

Die Staatsrede oorheers vanoggend die nuustoneel in die land. President Hage Geingob sal vanmiddag sy 2021 Staatsrede in die Nasionale Vergadering lewer. Kenners meen dat Geingob ‘n duidelike strategie oor hoe die pandemie verder beheer sal word bekendstel. Kwessies soos grond, behuising en selfs landbou moet ook onder die loep kom. Sandie Tjaronda van die Namibiese Netwerk van Vigs Diensorganisasies sê dit is van kritiese belang dat Geingob ‘n ekonomiese herstelplan uitlê sowel as werkloosheid en die herlewing van die toerisme sektor. Die regering se skuld moet ook volgens hom aandag geniet tydens die Staatsrede.