Geen rede tot kommer oor SA voëlgriep nie

Die virus-besmetting wat talle voëls in die Oos-Kaap laat vrek het, is die Avian Paramyxo-virus en Newcastle-siekte. Die veeartsenykundige navorsingslaboratorium by Onderstepoort het toetse gedoen nadat baie voëls in verskeie dele van die provinsie onverklaarbaar gevrek het. Ian Collard, Uitvoerende Hoof van die NMI Groep het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor enige impak op hoender-produsente en produksie in Namibië.