Staatsrede: dit moet ordelik geskied

Verlede jaar het President Hage Geingob se Staatsrede in ‘n sirkus ontaard en op ‘n stadium het Geingob self ophou praat en gaan sit omdat lede van die Nasionale Vergadering hom herhaaldelik in die rede geval het. Die president sal vanmiddag om half-3 sy 2021 Staatsrede lewer en die Politieke Analis Dr Ndumba Kamwanyah meen daar moet konstruktiewe debat wees.