Meisie, 15, wat selfdoodslagoffer geboelie het, aangekeer

Die polisie in Limpopo sê hulle het ‘n 15-jarige leerder in hegtenis geneem nadat ‘n video wat wys hoe sy ‘n medeleerder gewelddadig aanval soos ‘n veldbrand versprei het. Die leerders van die Mbilwi Sekondêre Skool het skooluniforms aan in die voorval wat na bewering Maandag plaasgevind het. ‘n Woordvoerder van die polisie in die provinsie, Motlafela Mojapelo, sê die slagoffer het na bewering huis toe gegaan, haarself in die kamer toegesluit en ‘n oordosis pille gedrink: