Seun wat dogtertjie klap vandag in die hof

Die video van die jong man wat ‘n klein kind rondklap het groot opslae gemaak op sosiale media. Luidens die jongste berigte sal die jong man, 17 jaar oud, vandag in die Outapi Landdroshof verskyn. Hy staar twee klagtes in die gesig, aanranding en oortreding van die Kinderbeskermings Wet. Die Omusati polisie Kommissaris Moses Simaho het aan plaaslike media gesê die verdagte het die dogtertjie herhaaldelik geklap tot sy neergeval het maar, hy het ook instruksie gegee dat die insident verfilm word. Hy is na wat berig word ‘n Graad 8 leerling by die Oshaala Gekombineerde Skool.