Bernie Madoff sterf

Die meesterbrein agter die grootste piramide-skema in Amerika se geskiedenis, Bernie Madoff, is op 82-jarige ouderdom in die tronk oorlede. Hy het in 2009 skuldig gepleit nadat hy oor ‘n tydperk van vier dekades meer as 37 000 mense in 136 lande bedrieg het. Madoff was besig om 150 jaar tronkstraf uit te dien. Van die individue wat vir sy skelmstreke geval het, is onder andere die rolprentregisseur Steven Spielberg en die Nobelpryswenner Elie Weisel. Hy het die skema in die 1990’s onder sy maatskappy Bernard L Madoff Investment Securities tot stand gebring.