GIPF stoot betalings op met 3%

Die Namibiese Regerings Instellings Pensioenfonds het ‘n verhoging van 3 persent vir al sy pensionarisse aangekondig. Die verhoging het reeds op 1 April in werking getree en volgens die fonds, word afgetredenes bygestaan in die moeilike ekonomiese tye. Die fonds pas jaarliks sy voordele aan om te verseker dat finansiële sekuriteit vir sy lede voorsien word. Terwyl daar wel uitdagings was met die pandemie, het die fonds steeds sukses gehad met ‘n verhoging, het hy in ‘n verklaring gesê.