Haaie eerste SA-span wat Kampioenebeker-eindstryd haal

Die Haaie het die eerste Suid-Afrikaanse span geword wat die eindstryd haal van ‘n tradisionele Europese kompetisie toe hulle teruggeveg het om Clermont 32-31 in die Uitdaagbeker in Londen te klop. In die tweede halfeindstryd het Gloucester die oorhand gekry oor Treviso en met 40-23 gewen. Die spanne sal in die eindstryd kragte meet in die Tottenham-stadion op 24 Mei, die aand voor die Kampioenebeker-eindstryd in dieselfde stadion.