Tsumeb kort N$18m vir paaie

Die Burgemeester van Tsumeb Mathews Hangula sê daar is 18 miljoen Namibiese doller nodig om die dorp se paaie te herstel. Na goeie reënval in die afgelope seisoen is daar verdere skade op ‘n reeds verouderde padnetwerk aangerig. Die dorp se ekonomiese voortuitgang en groei maak staat op ‘n ordentlike padnetwerk. Luidens nuusagentskappe, moet net minder as 12 kilometer se teerpad en net meer as 3 kilometer grondpad dringend herstel word. Talle dorpe regoor die land gaan gebuk onder dieselfde uitdagings na jare se afskeep en swak bestuur.