Hage moet kalm bly

Die Grondlose Mense Beweging het President Hage Geingob gemaan om hom te gedra soos die leier wat hy is tydens sy Staatsrede vanmiddag. Dinge het ontaard verlede jaar en die Nasionale Vergadering is in chaos gedompel. Die leier van die party Bernadus Swartbooi het verlede jaar na die Staatsrede President Geingob daaraan herinner dat hy beter is, wanneer hy kalm is. In sy eie woorde…

Intussen sê die Woordvoerder van die party, Joyce Muzengua die president moet verantwoording doen…