Hamilton geniet Verstappen-stryd

Mercedes se Formule Een-jaer, Lewis Hamilton, sê hy geniet dié seisoen se tweestryd met Max Verstappen van Red Bull. Die twee was die hoof-aanspraakmakers in die eerste drie wedrenne, met Hamilton wat tans met agt punte in die wêreldkampioenskap voorloop. Hy sê Verstappen het ‘n motor wat die kampioenskap kan wen, en ‘n span wat […]

Read More

EFF breek hekke om by hof in te kom

Lede van die EFF het die hekke van die Landdroshof in Pretoria-Noord afgebreek. Dit is waar die saak van die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy buurman in ‘n beweerde rasse-aanval doodgesteek het, plaasvind. Leon Coetzee is terug in die hof op ‘n aanklag van moord op die 43-jarige Thembinkosi Thabethe. Die EFF […]

Read More

Geingos se saak word bemiddel

Die Hoërhofsaak waar die Presidentsvrou Monica Geingos Abed Hishoono, ‘n onderwyser by die Elao Gekombineerde Skool in Ohangwena vir laster dagvaar, is vandag verwys vir bemiddeling. Geingos eis 350 000 Namibiese doller in skadevergoeding. Hishoono, tree ook op as ‘n mobiliseerder vir die Onafhanklike Patriotte vir Verandering party. Sy sê hy het tussen 12 en […]

Read More

Studie oor hoe dinosourus-gehoor, -sig gewerk het

‘n Internasionale studie onder leiding van ‘n wetenskaplike van Wits, Jonah Choiniere, het ondersoek gedoen na hoe die sig en gehoor van dinosourusse en voëls vergelyk. Hulle het skanderings en sorgvuldige metings gebruik om inligting te bekom oor die relatiewe grootte van die oë en binne-ore van byna 100 lewende voël- en uitgestorwe dinosourus-spesies. Choiniere […]

Read More

Afrika moet ent, nuwe vlaag is groot risiko

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die risiko vir ‘n nuwe vlaag Covid-19 gevalle bly hoog in die vasteland weens die onbepaalde vertraging van entstof vanaf die Serum-instituut in Indië; die trae verspreiding van entstof; en nuwe variante van die virus wat kop uitsteek. Die verspreiding van entstof in Afrika is tans slegs 1 persent van […]

Read More

Ongelykheid in SA strem groei

Die Bestuurshoof van Business Leadership South Africa, Busi Mavuso, sê so lank as wat ongelykheid in Suid-Afrika voorkom soos wat tans die geval is, sal ekonomiese groei nie plaasvind nie. Mavuso het dít gesê in ‘n boodskap aan die Vryemarkstigting. Sy sê die Internasionale Monetêre Fonds het vanjaar se groeikoers op 3,1 persent geraam, wat […]

Read More

Ons sien uit na herlewing in die sektor – Shifeta

Die Namibiese Minister van Toerisme Pohamba Shifeta sê die land se toerisme sektor hoop vir ‘n spoedige herlewing van die bedryf. Shifeta het die aanmerkings gemaak met die aankondiging dat VN se Wêreldtoerisme-organisasie se streekskonferensie oor die herstel van die sektor middel Junie in die hoofstad sal plaasvind. Shifeta sê markte maak stelselmatig oop.

Read More

24 miljoen dosisse entstof hoop op in Japan

Ongebruikte Covid-entstowwe hoop op in Japan en internasionale nuusagentskappe berig dat miljoene dosisse op die oomblik geberg word. Japanners is traag om ingeënt te word en dat daar ook logistieke uitdagings en ‘n tekort aan mannekrag is. Japan het 28 miljoen dosisse entstof aangekoop maar net 15 persent is tot dusver benut met 24 miljoen […]

Read More

Wees op julle hoede, Copps 94.1 is terug!

Kosmos 94.1 se Copps-program is van vanaand af terug op die lug saam met ons borge G4S, Auas Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, E-Med Rescue en die Windhoek Stadspolisie. Daar was vanoggend ‘n geleentheid op Kosmos 94.1 se promosie balkon om die program van stapel te stuur. Maar, Superintendent Charl Morkel het inwoners van die […]

Read More

Nicklaus het Evans inspireer

Ryan Evans van Engeland sê raad van die legendariese Amerikaanse gholfspeler Jack Nicklaus het hom geïnspireer voordat hy gister met die Dimension Data Pro-Am op die Outeniqua-gholfbaan by Fancourt in die Wes-Kaap begin het. Hy het ‘n openingsronde van tien onder 62 aangeteken en is een hou voor Michael Hoey van Noord-Ierland. Evans sê sy […]

Read More