Ons sien uit na herlewing in die sektor – Shifeta

Die Namibiese Minister van Toerisme Pohamba Shifeta sê die land se toerisme sektor hoop vir ‘n spoedige herlewing van die bedryf. Shifeta het die aanmerkings gemaak met die aankondiging dat VN se Wêreldtoerisme-organisasie se streekskonferensie oor die herstel van die sektor middel Junie in die hoofstad sal plaasvind. Shifeta sê markte maak stelselmatig oop.