Afrika moet ent, nuwe vlaag is groot risiko

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die risiko vir ‘n nuwe vlaag Covid-19 gevalle bly hoog in die vasteland weens die onbepaalde vertraging van entstof vanaf die Serum-instituut in Indië; die trae verspreiding van entstof; en nuwe variante van die virus wat kop uitsteek. Die verspreiding van entstof in Afrika is tans slegs 1 persent van wat wêreldwyd toegedien word, teenoor 2 persent ‘n paar weke gelede. Matshidiso Moeti van die WGO sê lande is gevra om soveel moontlik hoë-risiko mense in te ent gegewe die beperkte voorraad.