Studie oor hoe dinosourus-gehoor, -sig gewerk het

‘n Internasionale studie onder leiding van ‘n wetenskaplike van Wits, Jonah Choiniere, het ondersoek gedoen na hoe die sig en gehoor van dinosourusse en voëls vergelyk. Hulle het skanderings en sorgvuldige metings gebruik om inligting te bekom oor die relatiewe grootte van die oë en binne-ore van byna 100 lewende voël- en uitgestorwe dinosourus-spesies. Choiniere sê ‘n piepklein theropad, Shuvuuia, het buitengewone uil-agtige gehoor en nagsig gehad en herinner aan ‘n klassieke, skaam Suid-Afrikaanse dier: