Geingos se saak word bemiddel

Die Hoërhofsaak waar die Presidentsvrou Monica Geingos Abed Hishoono, ‘n onderwyser by die Elao Gekombineerde Skool in Ohangwena vir laster dagvaar, is vandag verwys vir bemiddeling. Geingos eis 350 000 Namibiese doller in skadevergoeding. Hishoono, tree ook op as ‘n mobiliseerder vir die Onafhanklike Patriotte vir Verandering party. Sy sê hy het tussen 12 en 16 Februarie vanjaar ‘n stemgreep op sosiale media gesirkuleer waar hy sê dis haar skuld dat Air Namibia bankrot is as gevolg van haar aandeel in WestAir en dat sy betrokke was by die likwidasie van die redery om haar eie belange te bevorder. Sy sê verder dat hy ook gesê het sy is in ‘n verhouding met James Hatuikulipi, een van die Fishrot beskuldigdes en dat sy ‘n seun by hom het. Hishoono het ook volgens haar gesê Hatuikulipi het haar huwelik met President Geingob bewerkstellig. Hishoono verdedig die saak en daarom die bemiddelingsopdrag.