EFF breek hekke om by hof in te kom

Lede van die EFF het die hekke van die Landdroshof in Pretoria-Noord afgebreek. Dit is waar die saak van die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy buurman in ‘n beweerde rasse-aanval doodgesteek het, plaasvind. Leon Coetzee is terug in die hof op ‘n aanklag van moord op die 43-jarige Thembinkosi Thabethe. Die EFF eis toegang tot die hofsaal waar Coetzee sy verskyning sal maak.