Dundee onttrek van Tsumeb-smelter

Dundee Precious Metals sê hy sal van die Tsumeb-smelter onttrek weens veranderinge in die wêreldwye smeltlandskap. Volgens The Brief het die maatskappy die smelter in 2010 verkry om ‘n betroubare verwerkingsafsetpunt vir sy komplekse konsentraat van die Chelopech-myn in Bulgarye te verseker. Volgens Zebra Kasete, visepresident en besturende direkteur van Dundee, het veranderende toestande in […]

Read More

Vrese dat sondebelasting mafia-staat sal skep

Tax Justice South Africa waarsku oor potensiële verhogings in sondebelasting wat in volgende week se begroting aangekondig sal word, kan die weg baan vir misdaad-netwerke en Suid-Afrika in die rigting van ‘n mafia-staat stuur. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sal na verwagting beduidende aksynsbelastingverhogings op alkohol en tabakprodukte aankondig. Die stigter, Yusuf Abramjee, sê […]

Read More

Kenia versterk bande met VSA

President Joe Biden sal die Keniaanse president William Ruto in Mei by die Withuis te verwelkom. Die besoek is vir 23 Mei beplan en is die 60ste herdenking van diplomatieke betrekkinge tussen die VSA en Kenia. Die leiers sal maniere bespreek om samewerking te versterk op verskeie gebiede, insluitend handel en belegging, tegnologiese innovering, klimaat […]

Read More

Tieners vas oor Super Bowl-skietery

Twee tieners is as jeugdiges aangekla in verband met die skietery wat een persoon gedood en 22 ander beseer het in Kansas City, Missouri, by die Super Bowl-oorwinning-saamtrek vir die stad se Chiefs. Die twee verdagtes, wat kort ná Woensdag se skietery in hegtenis geneem is, is volgens ‘n verklaring van Jackson County se familiehof […]

Read More

Namibiese riviervlakke laag

Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die vlakke van die Zambezi-rivier is redelik laag vir die tyd van die jaar en by Katima Mulilo vloei hy op 1,66 meter. Verlede jaar die tyd het die rivier op 5,12 meter gestaan. Die Okavango-rivier by Rundu vertoon beter op 5,6 meter. Ruacana in die Kunene vertoon steeds baie […]

Read More

Eskom worstel met kragopwekking

Eskom se kragstasiespanne werk te midde van fase twee-beurtkrag onverpoosd om bykomende opwekkingsvermoë te herstel. Onbeplande verliese staan tans op 13 733 megawatt terwyl 8 121 megawatt weens beplande onderhoud vanlyn is. Hulle werk daaraan om teen môre twee opwekkingseenhede by die netwerk te voeg. Beurtkrag is opgeskort tot vieruur vanmiddag waarna fase vyf tot […]

Read More

Trump hoes miljoene aan boetes

Voormalige president Donald Trump is met 354,8 miljoen Amerikaanse dollar plus ongeveer 100 miljoen dollar se rente beboet in ‘n siviele bedrog-geding in New York. Hy het die waarde van sy eiendomme opgestoot om beter lenings en leningsvoorwaardes te kry. Hy mag ook vir drie jaar geen sake in New York bedryf nie. Regter Arthur […]

Read More

Nagpatrollie rapporteer stil Vrydagnag

Dit was, soos verwag, ‘n redelike stil aand op Copps 94.1 en volgens Francois Lottering, wat aan diens was, was selfs die kuierplekke in die hoofstad redelik leeg. Maar, dit was nie alles te versmaai nie.

Read More

Veilingspryse vir speenkalwers daal

Die pryse van speenkalwers het sedert die begin van die jaar gedaal. Luidens die Namibië Landbou-unie se jongste verslag oor veilingspryse van verlede week is tollies 31,69 Namibiese dollar per kilogram, en verse 26,83 dollar per kilogram. Desmond Cloete, bemarkingshoof by die lewendehawe en lewendehawe-produkte raad, voorheen die Vleisraad van Namibië, het met Kosmos 94.1 […]

Read More

Mashatile sê koalisies is dalk nie nou lewensvatbaar nie

Suid-Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê die nasionale dialoog oor koalisies onder leiding van die regering, toon koalisies is nie in hierdie stadium die beste oplossing nie. Dit is gegewe Suid-Afrika se uiteenlopende samelewing. Hy het ʼn ANC-vergadering met Palestine Solidarity by die Riverside-moskee in Durban toegespreek. Mashatile sê dis die rede waarom die ANC ʼn […]

Read More