Dundee onttrek van Tsumeb-smelter

Dundee Precious Metals sê hy sal van die Tsumeb-smelter onttrek weens veranderinge in die wêreldwye smeltlandskap. Volgens The Brief het die maatskappy die smelter in 2010 verkry om ‘n betroubare verwerkingsafsetpunt vir sy komplekse konsentraat van die Chelopech-myn in Bulgarye te verseker. Volgens Zebra Kasete, visepresident en besturende direkteur van Dundee, het veranderende toestande in die wêreldwye smeltsektor egter die besit van ‘n smelter nou onnodig gemaak. Hy sê daar is toegang tot ander smelters wat die maatskappy in staat stel om op sy kernbesigheid te fokus: mynbou en eksplorasie.