Vrese dat sondebelasting mafia-staat sal skep

Tax Justice South Africa waarsku oor potensiële verhogings in sondebelasting wat in volgende week se begroting aangekondig sal word, kan die weg baan vir misdaad-netwerke en Suid-Afrika in die rigting van ‘n mafia-staat stuur. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sal na verwagting beduidende aksynsbelastingverhogings op alkohol en tabakprodukte aankondig. Die stigter, Yusuf Abramjee, sê onvolhoubare aksynsbelasting en onbeheersde onwettige handel kos die land jaarliks 100 miljard Suid-Afrikaanse rand. Abramjee vra bestaande wette moet afgedwing word om ondernemings, werksgeleenthede en noodsaaklike inkomste te beskerm.