Nog ‘n terugslag vir Sunak en die Konserwatiewe Party in Brittanje

Brittanje se Konserwatiewe Party het nog twee parlementêre setels in tussenverkiesings aan die Arbeidersparty afgestaan. Dit is voor ʼn nasionale verkiesing ʼn onheilspellende terugslag vir die beleërde eerste minister, Rishi Sunak, en span die kroon op ʼn slegte week terwyl hy sukkel om ondersteuning vir sy party te werf. Volgens amptelike data is Brittanje in […]

Read More

Bulle se Bok-vleuels teen Leeus op Ellispark

Rugby: Die Springbok-vleuels Canan Moodie en Kurt-Lee Arendse is ingesluit by die Bulle se span vir môre se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Leeus op Ellispark. Ruan Nortjé voer die Pretoria-span aan wat hulle bure van oorkant die Jukskeirivier twee weke gelede op Loftus Versveld met 30-28 geklop het. Afskoptyd is drieuur môremiddag en die Blou […]

Read More

Ongekende mobiliseringspoging vir DA se manifes-bekendstelling

Die DA sê hy is gereed vir ʼn geskiedkundige oomblik wanneer sy manifes môre in Tshwane bekend gestel word. Duisende ondersteuners sal na verwagting van Kerkplein na die Uniegebou opruk, wat ongekende geesdrif buite tradisionele vestings toon. Die geleentheid bied ʼn verenigde, dinamiese en uiteenlopende party aan met vermaak en ʼn toespraak deur die federale […]

Read More

Namibië neem SA-Israel volksmoordsaak na Vredespaleis

Namibië sal op 23 Februarie ‘n mondelinge verklaring by die Vredespaleis in Den Haag, Nederland, aanbied oor die Suid-Afrikaans-ingestelde volksmoordsaak teen Israel wat tans in die Internasionale Hof van Justisie aanhangig is. Die Kabinet het aangekondig dat die justisie-minister, Yvonne Dausab, Namibië se verklaring tydens die verrigtinge sal lewer. Professor Phoebe Okowa sal die mondelinge […]

Read More

Cele kondig suksesse teen konstruksiemafia aan

Suid-Afrika se polisie-minister, Bheki Cele, het ‘n toename in inhegtenisnemings teen die konstruksiemafia aangemeld, met 61 verdagtes wat sedert April aangekeer is. Noemenswaardige suksesse sluit in die verhindering van ‘n afpersingspoging op ‘n behuisingsprojek ter waarde van 320-miljoen Suid-Afrikaanse rand in Randfontein, Gauteng. Cele het ‘n nuuskonferensie gehou oor die kwartaallikse misdaadstatistiek en sê die […]

Read More

Herwinningspan vind vrou se verlore trouring

Herwinningsbemanningslede van die stad Greenville in die Verenigde State het merkwaardige toewyding en deernis getoon toe hulle ‘n reuse taak aangepak het om ‘n verlore trouring te vind. Melanie Harper het haar kosbare witgoud- en diamantring tydens herwinning verloor en dit het haar aangespoor om die hulp van die stad se openbare werke-departement te versoek. […]

Read More

SA Rugby sê Bokke is nie te koop nie

Rugby: SA Rugby se uitvoerende hoof, Rian Oberholzer, het ʼn ope brief aan Suid-Afrikaners geskryf om vrese dat die Springbokke verkoop word, te besweer. Oberholzer sê SA Rugby beraadslaag met ʼn privaat beleggingsmaatskappy om in sy toekomstige finansiële groei te belê. Indien die ooreenkoms goedgekeur word, sal die maatskappy ʼn minderheidsaandeel in die kommersiële regte […]

Read More

Landbou-ministerie se studietoer na Malawi ‘n reuse-sukses

‘n Afvaardiging van 31 landbouvoorligtingspersoneel en bestuur van die landbou, water en grondhervorming-ministerie het onlangs ‘n studie-toer na Malawi onderneem. Die toer was ‘n samewerkende inisiatief gelei deur die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies se kantore in Namibië en Malawi. Die primêre doelwit van die sending was om insigte te verkry en te […]

Read More

Debmarine Premierliga gaan interessante tyd binne

Die Debmarine Namibië Premierliga het drie spanne wat dreig om weg te trek aan die bopunt van die punteleer, terwyl die relegasiestryd ook verskerp. Khomas Nampol is met 40 punte voor, met die verdedigende kampioene, African Stars drie punte agter hulle. FC Ongos derde is met 33 punte. Blue Waters en Eeshoke Chula Chula lei […]

Read More

Mbumba verklaar Geingob as nasionale held

President Nangolo Mbumba het ‘n helde begrafnis aan oud-president Hage Geingob toegeken. Mbumba het in ‘n proklamasie in die Staatskoerant Geingob as ‘n nasionale held verklaar. Hy het verder opdrag gegee dat ‘n staatsbegrafnis ter ere van Geingob gehou word en dat hy op Sondag, 25 Februarie in die Nasionale Helde-akker begrawe word. ‘n Tydperk […]

Read More