Eskom worstel met kragopwekking

Eskom se kragstasiespanne werk te midde van fase twee-beurtkrag onverpoosd om bykomende opwekkingsvermoë te herstel. Onbeplande verliese staan tans op 13 733 megawatt terwyl 8 121 megawatt weens beplande onderhoud vanlyn is. Hulle werk daaraan om teen môre twee opwekkingseenhede by die netwerk te voeg. Beurtkrag is opgeskort tot vieruur vanmiddag waarna fase vyf tot môreoggend sal geld. Beurtkrag word dan weer van vyfuur môreoggend tot vieruur môremiddag opgeskort, gevolg deur fase een. Eskom sal môre ʼn omvattende bywerking gee vir die week wat voorlê.