Tieners vas oor Super Bowl-skietery

Twee tieners is as jeugdiges aangekla in verband met die skietery wat een persoon gedood en 22 ander beseer het in Kansas City, Missouri, by die Super Bowl-oorwinning-saamtrek vir die stad se Chiefs. Die twee verdagtes, wat kort ná Woensdag se skietery in hegtenis geneem is, is volgens ‘n verklaring van Jackson County se familiehof by ‘n jeugdetensiesentrum aangehou op aanklag van vuurwapenskendings en ander klagtes. Die polisie sê albei verdagtes is tieners, maar hulle is nie geïdentifiseer nie omdat hulle minderjarig is.