Veilingspryse vir speenkalwers daal

Die pryse van speenkalwers het sedert die begin van die jaar gedaal. Luidens die Namibië Landbou-unie se jongste verslag oor veilingspryse van verlede week is tollies 31,69 Namibiese dollar per kilogram, en verse 26,83 dollar per kilogram. Desmond Cloete, bemarkingshoof by die lewendehawe en lewendehawe-produkte raad, voorheen die Vleisraad van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die rede vir die afname, en die pad vorentoe.