Namibiese riviervlakke laag

Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die vlakke van die Zambezi-rivier is redelik laag vir die tyd van die jaar en by Katima Mulilo vloei hy op 1,66 meter. Verlede jaar die tyd het die rivier op 5,12 meter gestaan. Die Okavango-rivier by Rundu vertoon beter op 5,6 meter. Ruacana in die Kunene vertoon steeds baie goed vir die tyd van die jaar en by die hidroëlektriese aanleg is vloei van 303,3 kubieke meter per sekonde aangeteken teenoor vloei van 52,9 verlede jaar dieselfde tyd.