Mashatile sê koalisies is dalk nie nou lewensvatbaar nie

Suid-Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê die nasionale dialoog oor koalisies onder leiding van die regering, toon koalisies is nie in hierdie stadium die beste oplossing nie. Dit is gegewe Suid-Afrika se uiteenlopende samelewing. Hy het ʼn ANC-vergadering met Palestine Solidarity by die Riverside-moskee in Durban toegespreek. Mashatile sê dis die rede waarom die ANC ʼn beroep doen op leiers en gemeenskapslede om die party en sy visie vir Suid-Afrika te ondersteun.