Tesourie sê nee vir verhoging in kindertoelaag

Die DA sê hy is bekommerd omdat die Nasionale Tesourie volgens berigte die Menseregtekommissie se voorstel verwerp het dat die kindertoelaag tot die armoedegrens verhoog word. Tesourie het gebrek aan fondse as rede aangevoer. Bridget Masango van die DA sê die kommissie se voorstel sou die toelaag van 510 Suid-Afrikaanse rand per maand tot 760 […]

Read More

Ongwen-slagoffers kry US$56m

Byna 50 000 slagoffers van die Ugandese burgermag bevelvoerder Dominic Ongwen sal 56 miljoen Amerikaanse dollar as vergoeding ontvang. Die Internasionale Strafhof het die beslissing gemaak. Ongwen, ‘n voormalige kindersoldaat wat deur die geledere gestyg het om een van die topbevelvoerders van die berugte Lord’s Resistance Army-rebelle te word, het nie die hulpbronne om self […]

Read More

Hopelik ‘n volgepakte Loftus môre

Daar is groot afwagting vir môre se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd tussen die Bulle en die Stormers op ‘n hopelik volgepakte Loftus Versfeld. Die span van Pretoria het in al vyf sy vorige wedstryde in die kompetisie teen hul aartsvyande verloor en wil dus nou ‘n punt bewys. In die ander Suid-Afrikaanse derby sal die Leeus gasheer […]

Read More

BW Energy soek olie in Kudu-gasveld

Internasionale media berig dat Noorweë se BW Energy ‘n nuwe boorveldtog van stapel wil stuur by sy Kudu-gas gebied, aflandig in die verre Suide. Die gasbron van 36,8 miljard kubieke meter is in die 5 000 vierkante kilometer gebied. BW Energy is nou aangespoor om ook vir olie te soek en het ‘n 4 600 […]

Read More

SA se misdaadkrisis word politieke veldtog

Die Vryemarkstigting sê hy gaan die land se geweldsmisdaadkrisis die middelpunt van die nasionale agenda maak in aanloop tot die verkiesing op 29 Mei. Die stigting en sy projek oor die oppergesag van die reg het onlangs die Section 12 Initiative van stapel gestuur. ʼn Woordvoerder van die stigting, Zakhele Mthembu, sê die veldtog wil […]

Read More

Kuba vra vir melk vir sy kinders

Die Kubaanse regering se versoek om hulp van die Wêreldvoedselprogram word gesien as ‘n teken van die Kommunisties-beheerde land se verergerende ekonomiese krisis. Die organisasie het aangekondig hy het ‘n ongekende amptelike versoek van die Karibiese eiland ontvang om melk aan jong kinders te verskaf. Daar word berig die program het reeds met die aflewering […]

Read More

Hamilton teken beste tyd in Bahrein aan

Die sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sê hy was verras nadat hy die beste tyd aangeteken het in die tweede oefenronde van die seisoen se eerste Grand Prix in Bahrein. Die Mercedes-renjaer was vinniger as sy spanmaat, George Russell, terwyl Fernando Alonso van Aston Martin derde was. Hamilton sê hy is versigtig optimisties:

Read More

ANC en EFF raak handgemeen by raadsvergadering

Die Ekurhuleni-raadsvergadering moes Donderdagaand verdaag word nadat ʼn fisiese onderonsie tussen EFF- en ANC-raadslede uitgebreek het. Die vergadering is belê om ActionSA se mosie van wantroue in die Ekurhuleni-burgemeester, Sivuyile Ngodwana van die African Independent Congress, te debatteer. Die ANC in Gauteng se sekretaris, TK Nciza, sê hy teleurgesteld met die EFF-raadslede se gedrag:

Read More

PPI: So het mynbou presteer

Die kwartaallikse produsenteprysindekse vir tien bedrywe in die land is bekend gemaak. Die bulletin skets die produsenteprysindeks vir die vierde kwartaal verlede jaar, tussen Oktober en Desember en is deur die Namibiese Statistiek-agentskap vrygestel. Mirjam Shihepo, woordvoerder van die agentskap, gee meer inligting oor die mynbou-bedryf se indeks.

Read More

Saftu verwerp handves oor beurtkrag

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, verwerp die Veelpartyhandves se voorneme om beurtkrag te beëindig en energiesekerheid te vestig. Die elf politieke partye wat deel is van die handves, het ʼn verenigde plan voorgestel om beurtkrag eens en vir altyd te beëindig, indien hulle die ANC na die verkiesing uit die kussings kan lig. Saftu […]

Read More