Swapo se verkiesingskoors: Dis normaal vir opposisie om stil te wees

Die Namibiese algemene en presidensiële verkiesing van 2024 sal na verwagting een van die belangrikste en omstrede verkiesings van die afgelope jare wees. Politieke partye, veral opposisie-partye, is egter steeds tjoepstil oor wie hul kandidate is. Sommige het laat deurskemer dat hulle hul kandidate in November vanjaar sal aankondig. Politieke kommentator, dr. Ndumba Kamwanyah, sê dit is normaal dat die opposisie stil is en die regerende party waarneem voordat hulle hul skuiwe maak.

Dr. Kamwanyah deel van die strategieë wat die opposisie kan gebruik.